All hours Emergency: 072 604 5324  Contact Criminal Attorneys Cape Town on whatsapp
Court house

Kriminele Prokureurs Kaapstad - Strafreg prokureurs Kaapstad

André Kirsten Prokureurs is Kriminele Prokureurs Kaapstad wat spesialiseer in strafreg met ons kantore geleë te Bellville, Kaapstad in die Wes Kaap.

Ek bedien die Kaap se skier-eiland en omliggende areas. Ek is op bystand 24 uur per dag, reg deur die jaar. Ek is ten alle tye gereed om bystand en regsadvies te lewer ongeag die regs probleem wat u mag ervaar.

"Ek is beskikbaar 24 uur per dag"

Om gearesteer te word, of selfs net beskuldig te word van 'n misdaad, plaas die beskuldigde onder geweldige stres en spanning. Sulke klagtes of bloot net beskuldigings sal op die minste die beskuldigde se lewe bedreig en in sommige gevalle kan dit sy/haar lewe vernietig. 'n Persoon se familie lewe word omgedolwe en jou werk omstandighede kan daaronder lei. Wanneer 'n mens sulke vernietigende gevolge in die gesig staar het jy 'n prokureur nodig met ervaring in straf reg en straf sake wat die nodige self vertroue, kennis en vaardigheid het om jou deur die proses te kan lei. Jy het 'n prokureur nodig wat weet wat hy doen. Jy benodig 'n prokureur wat 'n spesialis is in strafwerk wat jou regte sonder vrees en met kennis en eind strategie kan verdedig. Persoonlike aandag en leiding is maar slegs een meer kwaliteit wat ek bring na die tafel, om jou gemaklik en ge-ondersteun te laat voel in 'n tyd wanneer dit regtig saak maak.

"Persoonlike aandag en leiding is maar slegs een meer kwaliteit wat ek bring na die tafel, om jou gemaklik en ge-ondersteun te laat voel in 'n tyd wanneer dit regtig saak maak."

As ervare strafreg litigeerder, wie 19 jaar ondervinding het as beide 'n staats aanklaer en verdedigings prokureur, het ek voldoende ervaring om jou by te staan en te lei ongeag hoe groot of klein die regs probleem is wat jy tans ervaar.

"19 jaar ondervinding het as beide 'n staats aanklaer en verdedigings prokureur..."

As straf reg litigeerder het ek ondersoeke gelei in beide hoedanighede as staats aanklaer en verdediging. Deur die jare het ek met talle hoë profiel sake gehandel wat gerapporteer is in die nuus media.

My ondervinding dek alle velde van strafreg in 'n verskeidenheid van klagtes soos, dronk bestuur klagtes - DUI - , handel in dwelms, aanranding, diefstal, onwettige besit van vuurwapens, onwettige besit van perlemoen, moord, gewapende roof, verkragting, bedrog, oortredings van die finansiële instellings wet, oortredings van die bankwet, belasting klagtes en vele meer.

"My ondervinding sluit alle velde van strafreg in..."

Ek staan my kliënte by in alle velde van belang, van die vasstel van na-uurse borg by die polisie stasie en geopponeerde borgaansoeke in die hof tot die ondersoeking van die beweerde klagte en die waarneming van die verhoor. Ekstra dienste soos die bystaan van 'n kliënt met die teruggawe van eiendom vanaf die polisie word ook gebied. Appel dienste word ook gebied soos om aansoek te rig vir verlof tot appel teen 'n ongewenste skuldigbevinding en vonnis of apelle in die hooggeregshof teen skuldigbevindings en of vonnise.

Advies Per Video !

Het u 'n belangrike regs vraag?

Kontak ons en bespreek 'n video konsultasie deur die video platform van u keuse. Kontak ons op die Kontak Form en ontvang spoedige, betroubare advies, wat u in die regte rigting sal lei.

This webpage in Xhosa ?
This webpage in English ?